Sections

Oudisies vir Oos-Rand Stereo omroepers

by Nolonwabo Base last modified 2012-02-14 16:33 — expired
Oos-Rand Stereo 93.9FM hou oudisies vir nuwe jong omroepers. Oos-Rand Stereo saai al die afgelope 17 jaar uit op 93.9FM en is reeds 'n instelling aan die Oos-Rand. Die stasie spog al met 'n hele paar MTN Radio Toekennings en is beslis 'n leier in die uitsaaiwese.


Sportaanbieder

Oos-Rand Stereo is spesifiek op soek na 'n jong sportaanbieder wat op Saterdagmiddae die sportprogram kan aanbied tussen 13:00 en 16:00. 'n Goeie kennis van sport is 'n vereiste, 'n goeie stem, tweetaligheid en natuurlik uitsaai ondervinding. Indien jy rugby of ander sportgeleenthede lewendig kan uitsaai, sal dit beslis as voordeel dien. Om aansoek te doen vir die Sportaanbieder, epos jou CV aan retha@939.co.za en merk net duidelik SPORTAANBIEDER.


Middag "Drive Time" Aanbieder

Daar word ook gesoek vir 'n manlike jong aanbieder om die middag "drive time" program weeksdae tussen 15:00 en 18:00 aan te bied. Voorkeur sal gegee word vir persone in die voorheen benadeelde groepe wat in Afrikaans en Engels kan uitsaai. 'n Goeie algemene kennis is 'n vereiste, verkieslik 'n naskoolse kwalifikasie, tweetaligheid, kennis van vermaak, nuus, verkeer en aktualiteit sal beslis 'n voordeel wees. Om aansoek te doen vir die Middag "Drive Time" Aanbieder, epos jou CV aan retha@939.co.za en merk net duidelik MIDDAG DRIVE TIME AANBIEDER.


Joernalis/Regisseur

Oos-Rand Stereo het ook 'n vakature vir Joernalis/Regisseur. Hierdie pos rapporteer direk aan die Programbestuurder en sal verantwoordelik wees vir die insameling van nuusstories en skryf van nuusbulletins. Vereistes: BA-graad of Nasionale Diploma in Joernalistiek, Kommunikasiekunde, Uitsaaiwese, Tale of soortgelyke naskoolse kwalifikasies. Die persoon moet 'n goeie stem hê en moet ook ondervinding in onderhoudvoering hê. Ondervinding van die regie en aanbieding van radioprogramme sal voordelig wees. Om aansoek te doen vir die pos van Joernalis/Regisseur, epos jou CV aan: retha@939.co.za en merk net duidelik JOERNALIS/REGISSEUR.


Vir meer inligting oor hierdie poste, kan die Stasiebestuurder geskakel word by 083 910 0939 of stuur 'n epos aan info@939.co.za Meer inligting oor Oos-Rand Stereo is beskikbaar by www.939.co.za

PANSA News

--------------------------------------
--------------------------------------
Facebook
PANSA on Facebook
What can we tell you
maskbutton.jpg News
maskbutton.jpg Our Funders
maskbutton.jpg Our Sponsors
maskbutton.jpg Our Policies